Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
kletsbot s.nw. | kletsbotte | [verkorting van kletsrobot] rekenaarprogram wat kunsmatige intelligensie gebruik om gesprekke met menslike gebruikers te simuleer, veral via die internet: › Die eenheid vir studenteberading van die Universiteit van Pretoria het ’n kletsbot ontwikkel om tradisionele persoonlike beradingsessies op ’n aanlyn platform aan te vul (Netwerk24, 6 April 2021). › [Die stelsel] gebruik outomatisering, kunsmatige intelligensie en kletsbotte om koste te besnoei en bedryfsdoeltreffendheid te verbeter. [...] Eise word deur die maatskappy se toepassing ingedien deur bloot met die kletsbot te werk (Glenneis Kriel, Finweek, 5 Oktober 2018). › Kletsbotte kan eenvoudige vrae van kliënte vinnig beantwoord, wat werknemers dan meer tyd gee om op meer komplekse probleme te konsentreer wat menslike insig vereis (Netwerk24, 26 April 2016).
◌ SINONIEM(E): geselsbot
◌ ENGELS: chatbot
kiembie
kiemkoeser
kierang=
kieriekorting
kimchi
KIMiDi
kindwassene
kinoa
kintsoegi
kintsugi
kiromasie
kirpatse
kitaab
kitaar
kitsboodskap
kitschenalia
kitsskare
kjeent
kjint
klanklandskap
klavier
kleinkindonderwys
kleinkindontwikkeling
kletsbot
kletsdiens
kletssfeer
kleur
kliek 1
kliek 2
klik
klikaas
klimaatineenstorting
klimaatplakker
klimaatsverandering
klimaatsveranderingskeptikus
klimaatwoord
klinomanie
klip
klipgooi
klipgooier
klo'goed
klossiepeer
kluisketting
kluisterkoekoes
KMO
KMR
knater