Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
kwaf s.nw. (via Engels, uit Frans, sleng) opgetooide hare: › Die scenario is nie nuut vir my nie, maar ek is eerder die modderbedekte doedie, as iemand met perfekte French tips, ’n gestileerde kwaf, en die gepoetste maniere van ’n Switserse kosskool-debutant (Dalene de Vente, Netwerk24, 26 Augustus 2023). › Haar duur kwaf staan effe punt in die wind (Rooi Rose, 5 Junie 2020). › Kies só vir jou kroon ’n ‘kwaf’ (Opskrif, News24, 17 Augustus 2010).
◌ SINONIEM(E): kapsel | haarkapsel
oorsprong:
Verafrikaansing en vervorming van Frans coiffure.
kuberskilpad
kuberweiveld
kuborg
kudde-immuniteit
kuljoen
kultureel
kultuurdier
kultuurmarxis
kultuurmarxisme
kultuurmerker
kultuurmoord
kumbaya
kumbayaïsme
kuningi
kunsberading
kunsmatig
kurasie
kurateer
kuratering
kurator
kureer
kurering
kwabis
kwaf
KWAK
kwantumbis
kwantumrekenaar
kwarantini
kwarantyn
kweekhuiseffek
kweekvleis
Labarang
labirint
laboratoriumvleis
lagerstätte
laghoe
lakenstyd
lakmoes
lakmoestoets
Lakshmi
laksjmi-armband
lallimala
lambdavariant
lamsrak
landbou
landboupark
landboutegnologie