Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
LGBTQIA afk. [afkorting van lesbies, gay, biseksueel, transgender, queer, interseksueel, aseksueel] [soms ook los van die daaropvolgende woord geskryf] Ook LGBTI of LGBTQ of LGBTQIA+
(gebruik om te verwys na persone en gemeenskappe) wat die hele spektrum van menslike seksualiteit en gender insluit.
◌ ENGELS: LGBTQIA+
samestelling(s):
LGBTQIA-aktivis: › Desmond … is ’n LGBTQIA-aktivis en selferkende ‘fopdoskind’ (Netwerk24, 13 Februarie 2018).
LGBTQIA+-gemeenskap: › In hul verklaring aan Petersen het die studente van die LGBTQIA+-gemeenskap hul uitdagings en probleme uiteengesit (Romantha Botha, Netwerk24, 8 Julie 2015). › Vir die eerste paar maande het sy tuisgegaan in ’n veilige hawe vir die LGBTI+-gemeenskap (lesbiese, gay, biseksuele, transgender, interseks- en ander genderdiverse mense) wat intussen sy deure moes sluit (Elsabé Brits, Vrye Weekblad, 2 Augustus 2019).
LGBTQIA+-mense, LGBTQIA+-persone [gewoonlik meervoud]: › LGBTQIA+-mense word onderwerp aan geweld, vervolging en diskriminasie (Cas Wepener, Netwerk24, 6 April 2019).
LGBTQ-regte: › Sy het onder meer oor LGBTQ-regte gepraat (Max du Preez, Vrye Weekblad, 28 Junie 2019).
LED
leedmagneet
leefling
leefstyloudit
leer
leerbestuurstelsel
-legkaart
leier
leierskapsdenke
lekkerfikasie
lekties
lektriek
lentemaan
lepeltjievetkoek
leprechaun
leunstoelkok
leunstoelsitter
leunstoelsjef
leusisme
leusisties
Lewy-liggaamsiekte
LGBT trots
LGBTQ
LGBTQIA
LGBTQQIAAP
libtert
liederatuur
liefdesroman
liggaamsjuwele
liggaamskondoom
liggaamsmusiek
liggaamsperkussie
ligseil
like
limitarisme
ling
linguistiek
liplek-
liplekker
liplek-lekker
litmus
LKHV
LLDPE
LLM
lmk
lobby
loep