Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
aandagtigheid s.nw. [geen meervoud] (strewe na bemeestering van) die kuns om elke oomblik van jou lewe bewustelik te leef: › Baie mense probeer deesdae aandagtig leef – kalm en in voeling met die tyd – en wilskrag vind om die kuns van aandagtigheid te bemeester (Huisgenoot, 6 September 2019). › Aandagtigheid oftewel mindfulness is een van daardie begrippe wat jy kort-kort raaklees, maar wat beteken dit eintlik? (Zerelda Esterhuizen, Vrouekeur, 14 Desember 2015). › Aandagtigheid [is] ’n sekulêre benadering en hoewel jy jou verstand met meditasie kan fokus, is daar baie ander belangrike aspekte aan die filosofie verbonde. Hoe ons oefen om te aanvaar en meer van ons eie karaktertrekke en egogedrewe gedrag bewus te wees, is twee van die belangrikste hoekstene van die benadering (Olwyn Rheeder, Vrouekeur, 14 Desember 2015).
◌ SINONIEM(E): bewustheid
◌ ENGELS: mindfulness
KYK OOK: bewustheid, mindfulness
1-tot-1-gesprek
2019-nCoV
2FA
2G
3G
4G
4NO
4NR
501Y.V2
5G
-a
a luta continua
aaire
aanbouwoordeboek
aandagkrisis
aandagtigheid
aangesigtyd
aanjaagfooi
aanjaagtarief
aanjanter
aanpoer
aanrakingshonger
aanspreek
aanstuurkennisgewing
aantal x getal x hoeveelheid
aappokke
Aapstad
aaptwak
Aardedag
Aarto
aasvoëlbegrafnis
AAV
abba
abbagemeenskap
abdas
Abdol
AD
adenovirus
afantasie