Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
bioborrel s.nw. | bioborrels | biologies veilige gebied, soos ’n omgewing wat van die buitewêreld afgesluit is en waar slegs ’n beperkte aantal mense toegelaat word om geleenthede soos sportwedstryde tydens ’n epidemie te laat plaasvind: › Volgens Netwerk24 se inligting gaan die Bulle, Haaie, Leeus, Westelike Provinsie, Vrystaat-Cheetahs, Griekwas en Pumas in ’n dubbelronde teen mekaar speel. Dit lyk ook nie asof die wedstryde in ’n bioborrel gespeel gaan word, waar spelers vir lang tye in afsondering sal wees nie (27 Augustus 2020). › Die Amerikaanse Ope vind vanjaar sonder toeskouers en in ’n bioborrel plaas (Netwerk24, 20 Augustus 2020). › Die geestestoestand van krieketspelers wat lank in bioborrels vasgevang gaan wees tydens die Covid-19-pandemie, is ’n kwessie wat tans aandag geniet in Australië (Netwerk24, 18 Augustus 2020). › Een van die opsies is om ’n bio-borrel te skep, waar [krieket]spelers gereeld [vir die koronavirus] getoets word en toegang tot die stadion streng beperk word (Netwerk24, 21 Mei 2020).
◌ ENGELS: bio-bubble
betrokkenheid
beursie
beurtbalkie
bevelpor
beweeg
bewerasieroete
bewussynsedasie
bewustelikheid
bewustheid
bf
bhang
biblioterapie
biedêm
bieker
bienenstich
biesie
bietjielyf
Big Mac-indeks
Binance
bindi
binneblykonsert
binnekos
binominaal
bioborrel
biofiel
biofilie
biokraker
biokrakery
biokremasie
biomedies
biometrie
biometries
biometrika
bionies
biostimulant
bismillah
bitcoin
bitcoinland
bivvie
blaai
blaas
bladikoon
blaf
blakerteks
bleke
blink-in-die-skuld
blinkjan