Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
haairoeper s.nw. | haairoepers | iemand wat opgelei is om haaie in die see te gewaar en langs die kus waghou of ’n strand patrolleer om branderryers en baaiers betyds te kan waarsku, sou die teenwoordigheid van ’n haai of haaie moontlik vir hulle gevaar inhou: › ’n Australiese branderplankryer se noue ontkoming met ’n haai in Jeffreysbaai se see het gelei tot die skep van ’n tydelike pos vir ’n haairoeper in die Kouga-munisipaliteit (Cara-Lee Scheun, Netwerk24, 22 Julie 2015). › Indien gevaar dreig, moet die haairoeper ’n vlag op die hoofstrand hys en die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) inlig om waarskuwingsvlae op die ander strande te hys (Cara-Lee Scheun, Netwerk24, 22 Julie 2015).
◌ SINONIEM(E): haaiwagter
◌ ENGELS: shark spotter
groenpoetser
groenpoetsery
groenstrook
groenvingeroplossing
groenvoer
groenwassery
groepsimmuniteit
grond
grondgryp
grondgryper
grondroof
grootdata
grotsindroom
grypkultuur
grys
grysskoenbrigade
GSM
guavadella
guavadilla
gwarragoed
gwenza
gysel
gyselware
haairoeper
haaiwag
haak
haan
haarne
haarselwers
haas
haasgras
haatspraak
Haggada
hak
halaal
hallelujavoete
haloep
hamburgerknoppie
hamburgermenu
hamster
hand
handblitser
handdrukverbod
handeklapkerk
handelsmerkambassadeur
handjel
handlappie