Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
middelvinger s.nw. | middelvinger | middelvingertjie |
1 middelste vinger van die hand.
2 gebaar om iemand te verwens, of as teken van minagting of verset: › Z. se nuutste middelvinger vir die regbank is niks nuuts nie (Max du Preez, Vrye Weekblad, 19 Februarie 2021). › Is hierdie gedrag ’n vorm van assosiasie met Donald Trump se domastrante middelvinger vir die liberale wêreld? (Max du Preez, Vrye Weekblad, 25 Junie 2021).
› vir iemand die middelvinger gee ◌ Ook vir iemand die middelvinger wys ◌ (ook figuurlik) as teken van minagting of verset, ’n aanstootgewende gebaar maak of optree op ’n aanstootlike wyse wat vergelyk word met dié gebaar waarin iemand, met die res van die hand se vingers tot ’n vuis gebal, vir ’n ander persoon die middelvinger in die lug wys – gewoonlik beskou as ’n handgebaar vir “fok jou/julle”: › Wat is meer effektief om ’n moralistiese regime die middelvinger te wys as die melodrama van Satan en die okkulte waarmee die establishment self vorendag gekom het? (Albertus van Wyk, Vrye Weekblad, 16 Desember 2022). › Die boek wys ’n gemanikuurde middelvinger vir die patriargie, wat deur die eeue graag vir vroue preek en voorskryf oor hul eie lywe (Deborah Steimaier, Vrye Weekblad, 23 Junie 2021). › H. het twee brouhoue en ’n lelike dubbele brouhou op die 11de (waar sy bal in die water beland het en hy twee keer letterlik middelvinger vir die meer gewys het) in ’n ronde van 74 (twee houe meer as baansyfer) aangeteken (Marizanne Kok, Netwerk24, 9 Maart 2020). › [Die party] het ’n stewige middelvinger in die rigting van nie slegs die speaker of [president] gewys nie, maar wel in die rigting van alle Suid-Afrikaanse burgers (Anton van Niekerk, Netwerk24, 3 Maart 2020).
› ’n (vet) middelvinger (ook figuurlik) growwe belediging; teken van growwe minagting: › [Die agentskap] is een vet middelvinger vir die massas (Max du Preez, Vrye Weekblad, 6 Maart 2020).
◌ ENGELS: middle finger
menstruasiekelkie
menstruasiekoppie
mentor
mentorskap
meritokrasie
merker
MERS
mesmeraais
mesmoertang
messiaskompleks
met
metadata
metaheelal
metaversum
mêtjies
metro
metroraad
metsjies
mettie
mezze
MFA
middagmens
middelklas
middelvinger
mieliebier
mieliebrak
mijang
mikoproteïen
mikroaggressie
mikrogroente
mikroplastiek
mikrosanksie
mikrosatelliet
mikstuur
miljuisend
millenniër
mindfulness
miniatuursatelliet
mini-orgaan
mirresyne
misgender
misinformasie
misofonie
misoginis
missiel
mistykie
mitomaan