Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Pretoriaans
♦ s.nw. [geen meervoud] (skertsend) variëteit van Afrikaans wat in die omgewing van Pretoria gepraat en dikwels aan die oorgeronde uitspraak van die /a/-klank as ’n /ɔː/-klank uitgeken word: › Hoe verleidelik is mooi, skoon of goeie taal? Die vraag duik op wanneer die kyker, of luisteraar skielik blootgestel word aan ’n kommentaar soos: “Jis, my ou, daai girl is hot en sommer sharp ook.” Die sprekers sit agter my. Ek loer. Aansienlike kêrels. Maar nou kom die knoop: Dis immers nie Pretoriaans of Namakwaans of, veral nie wye Kaaps wat ek hier hoor nie. Dis, om te bieg, afstootlik (Martie-Retief Meiring, Netwerk24, 4 Februarie 2021).
◌ SINONIEM(E): Pretoria-afrikaans | Pretoriaans
◌ ENGELS: Pretoria Afrikaans
KYK OOK: Ôfrikôôns
♦ b.nw., bw. | Pretoriaanse | wat van Pretoria kom of met Pretoria verband hou: › Versamelaars van kontemporêre werke sal uit baie ander interessante werke kan kies, onder meer “Lyttelton”, ’n werk deur die Pretoriaans gebore Anton Karstel (Netwerk24, 31 Julie 2015).
Popi
popstront
por
porno-ster
posbestelbruid
posbruid
post-covid-sindroom
postie
pot 1
pot 2
potlood
potplakker
PPE
PPI
pragmatariër
Prasa
prebioties
prebiotika
prebiotikum
predikant
presisieboerdery
pret
Pretoors
Pretoriaans
pretpedagogie
Pride
Pride-maand
priemkebab
prikpouse
prikwater
probioties
probiotika
probiotikum
proksemika
promessie
promp
prompt
prompteur
promptingenieur
prompto
promptografie
pronatalis
pronatalisme
pronatalisties
pronkplakker
pruttelpraatjies
psigogeriater