Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
voetesleep s.nw. [geen meervoud] (figuurlik, informeel) Ook (soms) gevoetesleep
traagheid om iets te doen: › Nou moet die parlement regtig hulle gat in rat begin kry om die ondersoek […] aan die gang te kry. Die gevoetesleep is waarskynlik die gevolg van vrees dat dit die parlementêre koukus gaan laat skeur (Max du Preez, Vrye Weekblad, 13 Maart 2020). › Die landbou sal dit as ’n bedryf moet duidelik maak aan die regering en sy leiers dat die tyd vir voetesleep en ontkennings oor dinge soos plaasmoorde verby is (Landbouweekblad, 16 Augustus 2019). › Foute is oor geslagte heen gemaak ten opsigte van grond, insluitend die voetesleep die laaste paar dekades met broodnodige grondhervorming (Dawie Jacobs, Beeld, 11 September 2018). › ’n Samelewing waar haatmisdaad […] moontlik is. Dis die prys wat ons betaal vir die gevoetesleep met oneindige ondersoeke na homoseksualiteit, kerkregtelike verknorsings waarin ons toegespin is en ’n gebrek aan die uitvoering van besluite (Laurie Gaum, Netwerk24, 25 Junie 2016).
◌ ENGELS: feet-dragging
virusparaatheid
virusstad
virusvetjies
virusvrees
vishing
Vishnu
vista
VK
Vlaams
vlak
vleis
vleiskweking
vlelik
vlerksleeptoepassing
vlieërplankry
vliegplaas
vliegskaam
vloekbrood
vlok
vlooi
voedselsekerheid
voerderfonds
voerfonds
voetesleep
voetgroet
voetnek
VoIP
volgeling
volger
volksonomie
vonkmaatskappy
vonkprop
voorkamerkonsert
voormens
voormense
voortbestaansekerheid
voufoon
vourekenaar
voutablet
VPA
VPN
VR
vraatkyk
VR-bril
vredesmaan
vriendasie
vroeëkinderjare-onderwys