Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
vuurpylwetenskap s.nw. [geen meervoud] (via Engels, figuurlik) besonder groot/moeilike probleem/uitdaging: › Om pasiënte se simptome te behandel, is […] nie vuurpylwetenskap nie, sê T. (Netwerk24, 13 Maart 2020). › Die insiggewende insigte waartoe die [party] op die lekgotla van sy nasionale uitvoerende komitee gekom het, is nie vuurpylwetenskap nie, maar hopelik vir die bewindsparty tog wel ’n deurbraak (Netwerk24, 22 Januarie 2020). › Enige land se skoolstelsel is verantwoordelik om burgers toe te rus met basiese wiskundige vaardighede – nie vuurpylwetenskap nie, net vaardighede om in die vryemark te oorleef deur basiese somme te maak (Danie Brink, Rapport, 14 Januarie 2018).
◌ ENGELS: rocket science
voortbestaansekerheid
voufoon
vourekenaar
voutablet
VPA
VPN
VR
vraatkyk
VR-bril
vredesmaan
vriendasie
vroeëkinderjare-onderwys
vroeëkinderjare-ontwikkeling
vroetelvark
vroetelvergadering
vrotorrel
vrug
vrugte
vrugtegommetjie
Vrydag
vuisstamp
vuur 1
vuur 2
vuurpylwetenskap
vuurstorm
vuurwolk
VVV 1
VVV 2
vyeblaar
vyf
wa aleikoemoes salaam
waagkapitaal
waagkapitalis
waaieraartappels
waaierbraaier
waardeaandeel
waarheid
waarvandaan
WADA
wadde=
waentjiestormloop
wagsleutel
wakker
walg-
walkie-talkies
walskipper
walvismaan