Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
geopolitiek
♦ s.nw. [geen meervoud] (studie van) idees en aktiwiteite wat verband hou met hoe lande se geografiese ligging hulle politieke ontwikkeling en verhouding met ander lande beïnvloed: › Duidelik is die president en die ANC baie versigtig om weer in die loopgraaf van die geopolitiek te beland soos met die onbeholpe hantering van die oorlog in Oekraïne die geval was (Piet Croucamp, Vrye Weekblad, 20 Oktober 2023). › Dis waar dat pres. Donald Trump deel van die verantwoordelikheid moet dra, gesien sy handelsoorloë met China. Hy kyk hoofsaaklik soos ’n sakeman na twee kolomme – geldelike wins en verlies – en hou nie voldoende rekening met sake soos geopolitiek nie (Leopold Scholtz, Netwerk24, 18 Augustus 2020).
◌ ENGELS: geopolitics
♦ b.nw. | geopolitieke | Ook geopolities | geopolitiese |
Van of met betrekking tot geopolitiek: › Ons as gewone wêreldburgers wat nie godsdienstige of ideologiese oogklappe aan het nie en die geopolitieke rolspelers se agendas raaksien, moet help om die internasionale diskoers te verander en medemenslikheid, reg en regverdigheid weer boaan die agenda plaas (Max du Preez, Vrye Weekblad, 14 Mei 2021). › Die konflik vererger ook die huidige geopolitieke dinamika van die streek, met Turkye en Rusland wat hul spiere bult. Rusland ondersteun Armenië reeds dekades lank. Daarenteen handhaaf ’n toenemende selfversekerde Turkye noue bande met die oorwegend Moslemse Azerbeidjan, ’n volk verwant aan die Turke (Jo-Ansie van Wyk, Netwerk24, 14 November 2020).
◌ ENGELS: geopolitical
gendergeweld
genderidentiteit
genderkontinuum
genderneutraal
genderneutraliteit
genderqueer
genderspektrum
genderstereotipe
genderstereotipering
genderswerwer
gendervloeibaar
generasie
geneties
genomies
genomika
gentleman-skollie
gentrifikasie
gentrifiseer
gentrifisering
geoligging
geolokalisering
geolokasie
geomitologie
geopolitiek
geoposisie
geoposisionering
geoskattejag
geosmien
geosmine
geostasionêre satelliet
geraasonderdukkend
Germaans
geruisdempend
geruisdowend
geselsbot
geselsrobot
gesigherkenningstegnologie
gesigsbiometrie
gesigskild
gesigsuier
gesin x familie
gesinslek
geskryfde
geslagsdisforie
geslagsgeweld
geslagskleur
geslagsneutraal