Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
geslagsdisforie s.nw. [gewoonlik enkelvoud] (psigiatrie en psigoanalise) gevoel van onrus, rusteloosheid of angs wat iemand ondervind wat nie met die geslag waarmee sy/hy oënskynlik gebore is, identifiseer nie: › Iemand met geslagsdisforie wat as transseksueel identifiseer, verwerp die geslag waarmee hulle gebore is en identifiseer nie net met die ander geslag nie, maar wil ook daardie geslag wees (Delia du Toit, Rapport, 22 Maart 2020). › Al kan ’n kind se gevoelens oor geslag later verander, is terapie noodsaaklik omdat die angs en depressie wat dikwels met geslagsdisforie gepaardgaan, kan vererger as dit nie ernstig opgeneem word nie (Delia du Toit, Rapport, 22 Maart 2020). › Die nuwe Trump-beleid laat diegene wat met geslagsdisforie gediagnoseer is tydens die Obama-beleid toe om in die weermag te bly en volgens hul geslagsidentiteit te dien (Netwerk24, 7 Augustus 2018).
geolokalisering
geolokasie
geomitologie
geopolitiek
geoposisie
geoposisionering
geoskattejag
geosmien
geosmine
geostasionêre satelliet
geraasonderdukkend
Germaans
geruisdempend
geruisdowend
geselsbot
geselsrobot
gesigherkenningstegnologie
gesigsbiometrie
gesigskild
gesigsuier
gesin x familie
gesinslek
geskryfde
geslagsdisforie
geslagsgeweld
geslagskleur
geslagsneutraal
gesondheidsbevorderingsheffing
gesondheidspas
gesteunde
getap
getjarra
getjil
geuraksent
gevaar
gevaarloon
gevoetesleep
gewatsegoeters
gewingerd
gewoer-woer
gewolt
gezoei
gezonk
ghaazie
ghai
ghellie
ghielap