Woordeboek van Afrikaans Vandag

Bygewerk op 20 Junie 2025

Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!

Soek in:

pienk (figuurlik, informeel)


s.nw. [geen meervoud]
1
skakering tussen wit en rooi.

2
kleur geassosieer met dogtertjies en vroue.

3
kleur geassosieer met die LGBTQIA-gemeenskap.


b.nw. [attr. en pred.]
1
met ’n skakering tussen wit en rooi.

2
van of wat verband hou met mense wat tot die LGBTQIA-gemeenskap behoort: Dit is gay-wêreld dié en dié voorstad se pienk geld hou baie restaurante en besighede aan die gang. Selfs die Gay Pride word jaarliks hier aangebied en dan word die pienk note in al wat ’n restaurant en kuierplek ingedruk (Yolanda Barnard, Centurion Rekord, 16 Mei 2015). “Soos daardie keer toe drie ‘straights’ kom moles maak het. Toe kry hulle te doen met pienk vuiste en die plathand van ’n lesbiër,” gie-gie hy (Yolanda Barnard, Centurion Rekord, 16 Mei 2015).
ENGELS: pink

pienk belasting neiging of verskynsel dat produkte wat spesifiek aan vroue bemark word, duurder is as soortgelyke artikels wat aan mans bemark word, wat dus neerkom op geslags- of gendergebaseerde prysdiskriminasie.
ENGELS: pink tax


oorsprong:
Van die waarneming dat produkte wat op vroue afgestem is, dikwels pienk is.


pienk ekonomie
1
ondernemings en dienste vir, van of ondersteun deur gay persone.

2
ondernemings en dienste vir, van of ondersteun deur vroue.
ENGELS: pink economy


UITDRUKKING(S):
pienk en plesierig goed en vrolik: Man, alles is dooddollies en pienk en plesierig. Wyn word by die liters gedrink, daar is selfs ’n troue in ’n kerk waar ons inloer en ons swem in die groot blou waters (Herman Lategan, Vrye Weekblad, 4 September 2020). Die nuwe [drankie] tref die oog op die rak, want dit lyk so pienk en plesierig en dit proe so goed soos dit lyk (Huisgenoot, 23 November 2018).
SINONIEM(E): voor die wind | klopdisselboom



Let wel
As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word dit in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig. Jy kan ook met spesiale karakters soek. Kyk hier onder.

Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


  Artikels, rubrieke en ander bydraes van 2025

Bolmakiesie van woke (LitNet)

Apeneutjies en katjiebotter vir die slimjanne (Netwerk24)

Gril jy jou ook dood vir ’n klamhandjie? (Netwerk24)

Sal jy die toets kan slaag om te wys jy is mens? (Netwerk24)

Alle konings is kêrels, maar nie alle kêrels konings nie (Netwerk24)

Dalk is die pyn in jou hande whatsappitis (Netwerk24)

As jy meer van jou hond hou as van mense (Netwerk24)

Verwaand is nou verwant aan waansin (Netwerk24)

Japie my skapie moet dalk liefs ’n kraak maak (Netwerk24)

Weet jy wat is die agtste ‘bot’ se betekenis? (Netwerk24)

Taalgoggas wat baie laat struikel (Netwerk24)

Jana se reis met woorde (Afrikaans100)

● Oor bottels, flesse, vate, kuipe, balies ... (RSG)

Welkom in die tyd van die Soetkoek-eters (Netwerk24)

So maak jy met ’n motor wat in die modder sit (Netwerk24)

● Oor kalbasse en kruike en ander holgoed (RSG)

Besigtig die volledige lys taalrubrieke, podsendings en nog ander blogs en artikels hier.


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2025 Jana Luther