Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
splinterreeks s.nw. | splinterreekse | televisiereeks wat by ’n vroeëre reeks aansluit of daaruit voortspruit, byvoorbeeld met ’n hoofkarakter wat in die voorafgaande reeks ’n gewilde ondersteunende rol vertolk (het): › Mis jy Suits? Dan sal jy nie dié splinterreeks van die gewilde regsdramareeks wil misloop nie (Huisgenoot, 7 Augustus 2020). › Met lewens wat ál meer op sosiale media uitspeel, is die reeks se rakleeftyd al ’n geruime tyd onder die loep [...] En met hul lywe en gesigte en mans en huise wat alles oor die laaste 14 jaar verander het, is die heel laaste episode van die laaste seisoen op ons. (Wat natuurlik nie beteken splinterreekse is nie in die vooruitsig nie!) (Rozanne Els, Vrye Weekblad, 5 Maart 2021).
◌ ENGELS: spin-off
sosialemedia-keffertjie
sosialemedia-pronker
sosialemedia-swendelaar
sosiogeniëring
soum
soutpiel
sowieso
span 1
span 2
sparkie
SPD 1
SPD 2
speak
speellys
speenvark
spekulasiefiksie
speldligging
spelveranderaar
spelveranderend
spenstuin
spesmoede
spikkel
spiraalaartappel
splinterreeks
spoedfooi
spoedtarief
spoedvrat
spoegbel
spogplakker
spoliasie
sponsstad
spookasem
spookkombuis
spooknugter
spookpiepie
spookrissie
spookwedstryd
springbokmaan
Springbroekie
sriracha
staat
staatskaping
stadsjiek
stadskruiping
stampe-en-stote
stapelkrisis
stapklip