Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Springbroekie s.nw. | Springbroekies | [verkleinwoord] (skertsend) swembroek(ie) met die kleure van die Suid-Afrikaanse vlag, soos die een in 2019 deur die Springbokskrumskakel Faf de Klerk gedra ná afloop van die eindstryd waarin die Springbokke die Rugbywêreldbeker gewen het: › Wat baie mense nie weet nie, is hoe Faf aan sy Springbroekie gekom het (Marteli Brewis, Kuier, 3 Februarie 2020).
◌ SINONIEM(E): Fafbroekie
KYK OOK: Fafbroekie
spekulasiefiksie
speldligging
spelveranderaar
spelveranderend
spenstuin
spesmoede
spikkel
spiraalaartappel
splinterreeks
spoedfooi
spoedtarief
spoedvrat
spoegbel
spogplakker
spoliasie
sponsstad
spookasem
spookkombuis
spooknugter
spookpiepie
spookrissie
spookwedstryd
springbokmaan
Springbroekie
sriracha
staat
staatskaping
stadsjiek
stadskruiping
stampe-en-stote
stapelkrisis
stapklip
Stargardt se siekte
stargardts
stargardtsiekte
statusboodskap
steampunk
Steirisch
stemafdruk
stemakteur
stembiometrie
stembiometries
stemnota
stemuitvissing
stent
sterfte
steroïed