Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
gesondheidsbevorderingsheffing s.nw. [afkorting GBH] [gewoonlik enkelvoud] heffing op bepaalde voedselsoorte, veral suikerhoudende drankies, om verbruikers tot matigheid aan te moedig en vetsug, diabetes en verwante siektes te verminder: › Die Suikerrietkwekersvereniging sê sy reeds bestaande uitdagings is steeds die storting van goedkoop ingevoerde suiker in die plaaslike mark en die sogenaamde gesondheidsbevorderingsheffing (Francois Williams, Netwerk24, 8 Augustus 2022). › Die suikerbedryf hoop [op] terugvoering oor die moontlikheid om studies te doen oor die gesondheidsbevorderingsheffing wat suiker op sekere verbruikersprodukte soos gaskoeldrank belas. “Ons hoop die regering hou by sy onderneming om die sosio-ekonomiese impak van dié heffing (suikertaks) te ondersoek. Dit is kritiek vir die voortbestaan van groot en klein suikerrietboere” (Liana Mocke, Netwerk24, 19 Mei 2022).
◌ SINONIEM(E): gesondheidsbevorderingsbelasting | suikerbelasting | (informeel) suikertaks
◌ ENGELS: health promotion levy | HPL
geoposisie
geoposisionering
geoskattejag
geosmien
geosmine
geostasionêre satelliet
geraasonderdukkend
Germaans
geruisdempend
geruisdowend
geselsbot
geselsrobot
gesigherkenningstegnologie
gesigsbiometrie
gesigskild
gesigsuier
gesin x familie
gesinslek
geskryfde
geslagsdisforie
geslagsgeweld
geslagskleur
geslagsneutraal
gesondheidsbevorderingsheffing
gesondheidspas
gesteunde
getap
getjarra
getjil
geuraksent
gevaar
gevaarloon
gevoetesleep
gewatsegoeters
gewingerd
gewoer-woer
gewolt
gezoei
gezonk
ghaazie
ghai
ghellie
ghielap
ghoemahare
ghoentoem
ghoes
ghoesl