Woordeboek van Afrikaans Vandag

Bygewerk op 20 Junie 2025

Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!

Soek in:

kannibaliseer ww. | het gekannibaliseer |
1
’n deel of dele van iets neem en dit gebruik om iets anders te bou of te maak: ’n wasmasjien kannibaliseer om ’n ander een te herstel Hy het die baba se stootwaentjie gekannibaliseer en ’n kaskar gebou.

2
’n fasiliteit, onderneming of span van ’n noodsaaklike deel, element, of van noodsaaklike personeel of spanlede ontneem ten einde ’n ander onderneming, fasiliteit of span te skep of in stand te hou: Die [party] sal voortgaan om homself te kannibaliseer met geen vooruitsigte op herstel in die nabye toekoms nie (Rapport, 30 Januarie 2022). Ek het aan [die] uitvoerende hoof gesê ek is tevrede om net die toetsspan af te rig, want ek het gevoel hulle moet nommer een in die wêreld wees. Hulle het die spelers gehad. Die probleem is dat die verskillende formate ’n span kan kannibaliseer (Gary Kirsten, Rapport, 2 Januarie 2022). Simon stem nie saam met die opvatting dat aanlyn inkopies fisieke winkels kannibaliseer nie (Liesl Peyper, Rapport, 2020). Oplaas het die oorspronklike winkels kliënte verloor wat na die nuwe winkels gegaan het – dié kleinhandelaars kannibaliseer dus hul eie markaandeel (Finweek, 5 November 2015).

3
(van ’n produk) (deur dit te verkoop of deur verkoop te word) verkope van ander, soortgelyke produkte, gewoonlik van dieselfde vervaardiger, wegneem: Die uitvoer van vars vleis, wat gewilder is as gaar vleis, het in ’n groot mate die mark vir gaar vleis gekannibaliseer (Netwerk24, 24 November 2017).

4
materiaal uit ’n ander, vroeër teks (’n eie werk of dié van ’n ander skrywer) in ’n nuwe skryfstuk hergebruik: Haar roman kannibaliseer drie van haar eerste kortverhale.

5
(astronomie) deur gravitasieaantrekking massa van ’n nabygeleë voorwerp in ’n groter geheel opneem.
ENGELS: cannibalise | cannibalize


oorsprong:
Afleiding van kannibaal, iemand of iets wat sy eie soort verslind.


afleiding(s):
kannibalisering: Vir ’n belegger kan dit ’n ernstige probleem wees – ja, die maatskappy kan natuurlik in die buiteland uitbrei met nuwe produkte, maar op hierdie kannibalisering moet ons ’n oog hou (Finweek, 5 November 2015). Brookes het gesê hy stem saam met diegene wat sê Suid-Afrika het te veel winkelsentrums en dat hy kannibalisering tussen sy eie winkels kan sien (Finweek, 27 Oktober 2016).


Let wel
As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word dit in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig. Jy kan ook met spesiale karakters soek. Kyk hier onder.

Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


  Artikels, rubrieke en ander bydraes van 2025

Bolmakiesie van woke (LitNet)

Apeneutjies en katjiebotter vir die slimjanne (Netwerk24)

Gril jy jou ook dood vir ’n klamhandjie? (Netwerk24)

Sal jy die toets kan slaag om te wys jy is mens? (Netwerk24)

Alle konings is kêrels, maar nie alle kêrels konings nie (Netwerk24)

Dalk is die pyn in jou hande whatsappitis (Netwerk24)

As jy meer van jou hond hou as van mense (Netwerk24)

Verwaand is nou verwant aan waansin (Netwerk24)

Japie my skapie moet dalk liefs ’n kraak maak (Netwerk24)

Weet jy wat is die agtste ‘bot’ se betekenis? (Netwerk24)

Taalgoggas wat baie laat struikel (Netwerk24)

Jana se reis met woorde (Afrikaans100)

● Oor bottels, flesse, vate, kuipe, balies ... (RSG)

Welkom in die tyd van die Soetkoek-eters (Netwerk24)

So maak jy met ’n motor wat in die modder sit (Netwerk24)

● Oor kalbasse en kruike en ander holgoed (RSG)

Besigtig die volledige lys taalrubrieke, podsendings en nog ander blogs en artikels hier.


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2025 Jana Luther