Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
kapana s.nw. [enkelvoud en meervoud] (Namibië) stukkies/repies beesvleis wat in die oopte gebraai en veral op informele markte van die braai af verkoop word: › Seminare, konferensies, slypskole en berade word tot tien persone beperk. Terselfdertyd moet restaurante en besighede wat kapana verkoop, slegs wegneemetes voorsien (Elvira Hattingh, Republikein, 5 Mei 2020). › stukkies kapana › ’n hand/bord vol kapana.
◌ ENGELS: kapana
oorsprong:
Uit Oshiwambo, van die Afrikaanse woord pan of die Duitse woord Pfanne, met verwysing na die pan waarin vleis gaargemaak word, maar met leksikale wysiging sodat hier verwys word na die vleis wat tipies so gebraai word.
samestelling(s):
kapanabesigheid: › Ek het graad 10 gedruip en daarna by die huis gebly. Ek het my ma met haar kapana-besigheid gehelp (Republikein, 16 Junie 2020).
kapanafees
kapana-kok: › Die derde weergawe van die Kapana-fees is vandag, môre en Sondag weer by die Khomasdal-stadion in Windhoek aan die gang. Gaan geniet van dié lekkerny wat deur die beste kapana-kokke voorberei is (Republikein, 29 November 2019).
kapana-onderneming: › Dié pa van sewe bedryf sy kapana-onderneming tydens die inperking van sy huis (Republikein, 4 Junie 2020).
kakorrafiofobie
kakpot
kala
kalender
kalipso
kalm
kalonji
kamer
kamp
kampstoel
kanarie
kanga
kankerstokkie
kannabidiol
kannabinoïed
kannabis
kannibaliseer
kannie
kanonvoet
kans
kanselleer
kanselleerkultuur
kantie
kapana
kapittel
kaplet
kappie
kappiebaadjie
kappietop
karamonk
Karen
Karoleaans
Karoo-oester
kat
katalogusbruid
katalogushuwelik
katel
katemba
kathak
kathakkie
katisfaksie
katjie
katjiebotter
katjieng
katkop
katoeter
katot