Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
KI afk. kunsmatige intelligensie: › Maar wat is KI? Daar is talle definisies, maar basies verwys die term na die vermoë van rekenaars om menslike intelligensie te simuleer. Rekenaars word geprogrammeer deur gebruik te maak van komplekse en gesofistikeerde algoritmes. Die resultaat is rekenaarstelsels wat veronderstel is om te dink soos die mens en menslike eienskappe (soos om te kan leer, logies te kan dink en probleme te kan oplos) besit. Dit beteken dat die rekenaar poog om die menslike brein te simuleer deur die vermoë om te leer en te ontleed (prof. Basie von Solms, Netwerk24, 27 Mei 2021).
◌ ENGELS: artificial intelligence | AI
› generatiewe KI [afkorting GKI] kunsmatige intelligensie wat die vermoë het om nuwe, oorspronklike inhoud te genereer, te ontwikkel, te skep, voort te bring, deur patrone in bestaande data te analiseer en te leer: › Met behulp van GKI kan teks gegeneer, beelde geskep en musiek gekomponeer word. › Die gebruik van Kl is selfs meer transformerend as die koms van selfone. Dit kan vergelyk word met die koms van die internet, [...] Daar gaan nuwe maatskappye kom wat generatiewe Kl gaan gebruik om sakemodelle te ontwrig in die ruimte waarin hulle sake doen (Francois Williams, Netwerk24, 28 Junie 2023).: › Elon Musk maak glo gereed om in die mark vir generatiewe kunsmatige intelligensie (Kl) in te spring met sy eie weergawe van ChatGPT (Beeld, 18 April 2023).
samestelling(s):
KI-enjin: › Die KI-enjin [...] is ’n ontsettende kragtige soekenjin wat groot korpusse ongestruktureerde teks op webskaal kan analiseer. In die praktyk word meer as 250 000 000 URL’e per dag verwerk en uit vyftien verskillende tale vertaal (Wiida Fourie Basson, US-nuus, 10 Maart 2023).
KI-etiek
KI-gegrond: › KI-gegronde tegnologie
KI-instituut
KI-karakter
KI-kletsbot
KI-laboratorium
KI-model: › Parameters van ’n KI-model beheer die grootte en vooroordeel van bane tussen die model se neurone wat uit opleidingsdata geleer word. Dink aan hulle as die model se interne veranderlikes wat vorm aan sy aksies en doeltreffendheid gee (Wessel van Rensburg, Vrye Weekblad, 26 April 2024).
KI-stelsel: › Oor die wêreld heen is lande en organisasies besig om te werk aan formele riglyne om die ontwikkeling van KI-stelsels te reguleer [...] KI-stelsels wat in die kategorie van onaanvaarbare risiko’s val, mag byvoorbeeld glad nie in die EU ontwikkel of toegepas word nie (prof. Basie von Solms, Netwerk24, 28 Februarie 2023).
KI-tegnologie
KYK OOK: intelligensie, swartkas-KI, ChatGPT
katvissing
KBD
kebab
keboedel
keboel
keffertjie
kegelklits
kegelklitser
kennisekonomie
kerkbasaarpoeding
kerkhofbaan
kerrie
kersieplukker
keto-
keto-dieet
ketoet
ketoetie
ketogeen
ketogenies
kettingkyk
khamr
Khoekhoegowab
Khoi-San
KI
KI-agent
kiembie
kiemkoeser
kierang=
kieriekorting
kimchi
KIMiDi
kindwassene
kinoa
kintsoegi
kintsugi
kiromasie
kirpatse
kitaab
kitaar
kitsboodskap
kitschenalia
kitsskare
kjeent
kjint
klanklandskap
klavier
kleinkindonderwys