Woordeboek van Afrikaans Vandag

Bygewerk op 20 Junie 2025

Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!

Soek in:

kintsugi s.nw. [geen meervoud] (Japannees) Ook kintsoegi
Japannese kunsvorm waarby ’n gebreekte voorwerp herstel word deur die stukke met goud of ’n ander edelmetaal te las, of die lasplekke met ’n edelmetaal te versier: Soos met kintsoegi, die Japanse manier om bladgoud te gebruik om krake of lasse in potte mee te beklemtoon, gebruik Jo [’n kunstenaar wat met klei werk] goud om breekbaarheid uit te lig (Johan Myburg, Taalgenoot, Lente 2023). Kintsugi is een van die tegnieke in berading. “Ons gebruik die konsep van ’n gebreekte vaas. Die krake word met goue verf beklemtoon. Die simboliek is dat ons almal gebroke is, maar daar is heelheid in imperfeksie (Nicoleen Smit, Noordkaap Bulletin, 13 April 2023). Jy kan weer jou stukke bymekaarsit, amper soos die Japannese kunsvorm kintsoegi waar die skerwe van gebreekte keramiek-items met vloeibare goud of silwer gelas word en die littekens van die herstelde kunswerk selfs mooier maak as voor dit gebreek het (Trisa Hugo, Rapport, 27 Maart 2022). lemand sit ’n YouTube-video op oor kintsugi [...] Dit gaan oor die Japannese kuns om gekraakte breekgoed reg te maak met ’n mengsel van gom en goud. Dis ’n diep video. Oor die omhelsing van gebrokenheid en Hemingway wat skryf hoe die lewe almal iewers breek en hoe ons sterk word in ons gelapte “broken places” (Karen Brynard, Tuis, 14 Februarie 2020).


Let wel
As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word dit in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig. Jy kan ook met spesiale karakters soek. Kyk hier onder.

Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


  Artikels, rubrieke en ander bydraes van 2025

Bolmakiesie van woke (LitNet)

Apeneutjies en katjiebotter vir die slimjanne (Netwerk24)

Gril jy jou ook dood vir ’n klamhandjie? (Netwerk24)

Sal jy die toets kan slaag om te wys jy is mens? (Netwerk24)

Alle konings is kêrels, maar nie alle kêrels konings nie (Netwerk24)

Dalk is die pyn in jou hande whatsappitis (Netwerk24)

As jy meer van jou hond hou as van mense (Netwerk24)

Verwaand is nou verwant aan waansin (Netwerk24)

Japie my skapie moet dalk liefs ’n kraak maak (Netwerk24)

Weet jy wat is die agtste ‘bot’ se betekenis? (Netwerk24)

Taalgoggas wat baie laat struikel (Netwerk24)

Jana se reis met woorde (Afrikaans100)

● Oor bottels, flesse, vate, kuipe, balies ... (RSG)

Welkom in die tyd van die Soetkoek-eters (Netwerk24)

So maak jy met ’n motor wat in die modder sit (Netwerk24)

● Oor kalbasse en kruike en ander holgoed (RSG)

Besigtig die volledige lys taalrubrieke, podsendings en nog ander blogs en artikels hier.


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2025 Jana Luther