Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
kirpatse s.nw. | kirpatse | [meervoud van kirpats] [gewoonlik meervoud] (informeel) komieklike of lawwe fratse, manewales of streke: › Kou jy langtand aan jou graankos terwyl die radio in die kombuis jou tot vervelens toe oor J.Z. se jongste kirpatse inlig? (Johan van Wyk, Netwerk24, 31 Maart 2016). › Vandag betaal ek die prys vir my kirpatse: om op my leeftyd te toi-toi is lewensgevaarlik en vanoggend was ek so styf dat ek eers ná ’n dop duiwelsdrek kon begin beweeg (Beeld, 21 April 1993 ). › Die ANC se kirpatse sit soos ’n stukkie wurgpatat in my keel vas. (Beeld, 16 Oktober 1991).
◌ SINONIEM(E): pakater
UITDRUKKING(S):
♦ kirpatse maak of kirpatse uithaal streke uithaal: › As jy ’n bewaringsbewuste Karoo-boer wil kwaad maak, haal [...] allerlei kirpatse uit met bakkies en viertrekvoertuie in sy veld (Johan van Wyk, Netwerk24, 21 September 2019). › ’n Spul bobbejane, stormdronk van die alkohol in gistende maroelas, (haal) soos mense wat te diep in die bottel gekyk het allerlei snaakse kirpatse uit (Landbouweekblad, 15 Julie 2011). › Die nuwe nuk om doef-doef-musiekvideo’s, waarin allerlei goggas die eienaardigste kirpatse uithaal, te wys (Beeld, 14 Augustus 1993). › Daar sit die ou oom toe terwyl Glenda van haar kleertjies ontslae raak en kirpatse maak (Beeld, 17 September 1994). › Jy kan nie heeldag met jou jong vrou kirpatse maak, tee drink op die stoep van daardie herehuis, en vannag heelnag op diens wees en dan môre begin boer nie (Beeld, 1 Oktober 1994).
keto-
keto-dieet
ketoet
ketoetie
ketogeen
ketogenies
kettingkyk
khamr
Khoekhoegowab
Khoi-San
KI
KI-agent
kiembie
kiemkoeser
kierang=
kieriekorting
kimchi
KIMiDi
kindwassene
kinoa
kintsoegi
kintsugi
kiromasie
kirpatse
kitaab
kitaar
kitsboodskap
kitschenalia
kitsskare
kjeent
kjint
klanklandskap
klavier
kleinkindonderwys
kleinkindontwikkeling
kletsbot
kletsdiens
kletssfeer
kleur
kliek 1
kliek 2
klik
klikaas
klimaatineenstorting
klimaatplakker
klimaatsverandering
klimaatsveranderingskeptikus