Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
kiemkoeser s.nw. | kiemkoesers | (informeel, skertsend) lyer aan misofobie; iemand met 'n vrees/fobie vir mikroörganismes (bakterieë, virusse, en so meer) wat by mense en/of diere siekte(s) kan veroorsaak, en wat gevolglik alles moontlik doen om besmetting te vermy/voorkom: › As jy eers al die kontakpunte begin tel waar jy 'n virus met jou hand kon opgetel het, wil 'n kiemkoeser soos ek van my kop af raak (Anneliese Burgess, Vrye Weekblad, 20 Maart 2020). › Obsessies van ’n kiemkoeser (Vrye Weekblad, 13 Maart 2020). › As dit kom by die weë van ’n kiemkoeser, moet ’n mens weet watter ontsmettingsmetodes vir hierdie tipe virus werk (Anneliese Burgess, Vrye Weekblad, 13 Maart 2020).
◌ SINONIEM(E): misofoob
◌ ENGELS: germaphobe | germophobe | mysophobe
keboedel
keboel
keffertjie
kegelklits
kegelklitser
kennisekonomie
kerkbasaarpoeding
kerkhofbaan
kerrie
kersieplukker
keto-
keto-dieet
ketoet
ketoetie
ketogeen
ketogenies
kettingkyk
khamr
Khoekhoegowab
Khoi-San
KI
KI-agent
kiembie
kiemkoeser
kierang=
kieriekorting
kimchi
KIMiDi
kindwassene
kinoa
kintsoegi
kintsugi
kiromasie
kirpatse
kitaab
kitaar
kitsboodskap
kitschenalia
kitsskare
kjeent
kjint
klanklandskap
klavier
kleinkindonderwys
kleinkindontwikkeling
kletsbot
kletsdiens