Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
kitsboodskap s.nw. | kitsboodskappe | kort teksboodskap wat met behulp van ’n selfoon of rekenaar gestuur word: › Daar (was) nie ’n selfoon of ander skerm in sig nie. Daar was nie die beheptheid met nog een speletjie om klaar te speel, een kitsboodskap om te stuur of een status om te verander nie. Daar was net kinders in die water. Wind in die hare. Sand om die voete (Netwerk24, 6 Augustus 2015). › En toe kom kitsboodskappe soos SMS, WhatsApp en stemboodskappe wat ons vanaf enige plek, te eniger tyd, kan stuur en ontvang. Ons sluit selfs foto’s of video’s in. [...] Tog voel kitsboodskappe ietwat vervlietend. Dit weeg effe lig op die skaal van waarde-inhoud in vergelyking met vroeër jare se posbriewe (Marie, Beeld, 22 Februarie 2024).
◌ ENGELS: instant message
samestelling(s):
kitsboodskap-app
kitsboodskapdiens
kitsboodskapplatform: › Wanneer ons hoor van digitale en internetentrepreneurs wat groot rykdom vergaar met slim apps, sosialemedianetwerke, kitsboodskapplatforms, e-handel, ensovoorts is dit geen wonder ons dink soms dit is eintlik maklik nie (Finweek, 5 Februarie 2015).
kitsboodskaptoepassing: › WeChat en QQ het ontstaan as kitsboodskap-toepassings wat soortgelyk is aan WhatsApp (Hermanus Times, 27 Januarie 2021).
samestelling(s):
ketoetie
ketogeen
ketogenies
kettingkyk
khamr
Khoekhoegowab
Khoi-San
KI
KI-agent
kiembie
kiemkoeser
kierang=
kieriekorting
kimchi
KIMiDi
kindwassene
kinoa
kintsoegi
kintsugi
kiromasie
kirpatse
kitaab
kitaar
kitsboodskap
kitschenalia
kitsskare
kjeent
kjint
klanklandskap
klavier
kleinkindonderwys
kleinkindontwikkeling
kletsbot
kletsdiens
kletssfeer
kleur
kliek 1
kliek 2
klik
klikaas
klimaatineenstorting
klimaatplakker
klimaatsverandering
klimaatsveranderingskeptikus
klimaatwoord
klinomanie
klip