Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
kindwassene s.nw. | kindwassenes |
1 volwassene wat steeds belangstel in aktiwiteite, stokperdjies of produkte wat gewoonlik met kinders geassosieer word, soos speletjies, tekenprente, of speelgoed: › Die speelgoedmark-segment wat “kindwassene” gedoop is, het die afgelope vier jaar sowat 19% van die totale mark uitgemaak (Lydia van der Merwe, Sarie, 11 Mei 2023). › Die pandemie was oor die algemeen ’n bloeityd vir die speelgoedbedryf: Mense was by die huis vasgekeer op soek na dinge om te doen. Dus was daar ’n oplewing in die verkoop van bordspeletjies, legkaarte en boumodelle [...] Met dinge feitlik weer normaal, het die wolk van somberheid [...] nog nie heeltemal verdwyn nie. En kindwassenes wil steeds speel (Lydia van der Merwe, Sarie, 11 Mei 2023). › Daar is nie ’n ouderdomsperk op kindwassenes nie (Lydia van der Merwe, Sarie, 11 Mei 2023).
2 (soms neerhalend) volwassene wat as kinderlik of onvolwasse beskou word.
◌ ENGELS: kidult
oorsprong:
Sametrekking van kind en volwassene.
samestelling(s):
kindwassene-trend
kennisekonomie
kerkbasaarpoeding
kerkhofbaan
kerrie
kersieplukker
keto-
keto-dieet
ketoet
ketoetie
ketogeen
ketogenies
kettingkyk
khamr
Khoekhoegowab
Khoi-San
KI
KI-agent
kiembie
kiemkoeser
kierang=
kieriekorting
kimchi
KIMiDi
kindwassene
kinoa
kintsoegi
kintsugi
kiromasie
kirpatse
kitaab
kitaar
kitsboodskap
kitschenalia
kitsskare
kjeent
kjint
klanklandskap
klavier
kleinkindonderwys
kleinkindontwikkeling
kletsbot
kletsdiens
kletssfeer
kleur
kliek 1
kliek 2
klik