Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
kitsskare s.nw. | kitsskares | kitsskaretjie | groep mense wat ongesiens opdaag op ’n openbare plek waarop daar vooraf besluit is, uit die bloute ’n beplande musiek- of sanguitvoering of ander vertoning lewer, en direk daarna, gewoonlik ewe stil, uiteengaan: › ’n Kerkkoor wat uit lede van verskillende kerke bestaan, het Dinsdagmiddag uit die bloute by die plaaslike Spar opgedaag om die Here in verskillende tale vir die broodnodige [reën] te prys … Die kitsskare net na 17:00 by die winkel opgedaag en prysliedere begin sing (Ügen Vos, Netwerk24, 18 November 2017).
◌ ENGELS: flash mob | flashmob
samestelling(s):
kitsskare-vertoning: › ’n Kitsskare-vertoning by ’n restaurant klink dalk soos ’n toneel uit ’n dansfliek – en dit is presies waar ’n Durbanse man die idee gekry het om sy meisie om haar hand te vra (Roshé Taka, Netwerk24, 5 Julie 2019).
ketogenies
kettingkyk
khamr
Khoekhoegowab
Khoi-San
KI
KI-agent
kiembie
kiemkoeser
kierang=
kieriekorting
kimchi
KIMiDi
kindwassene
kinoa
kintsoegi
kintsugi
kiromasie
kirpatse
kitaab
kitaar
kitsboodskap
kitschenalia
kitsskare
kjeent
kjint
klanklandskap
klavier
kleinkindonderwys
kleinkindontwikkeling
kletsbot
kletsdiens
kletssfeer
kleur
kliek 1
kliek 2
klik
klikaas
klimaatineenstorting
klimaatplakker
klimaatsverandering
klimaatsveranderingskeptikus
klimaatwoord
klinomanie
klip
klipgooi
klipgooier