Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
KI-agent s.nw. | KI-agente | rekenaarstelsel of -program wat kunsmatige intelligensie (KI) gebruik om selfstandig take uit te voer, besluite te neem en met mense en ander stelsels te kommunikeer: › Mees gevorderde Kl-agent tot nog toe deur Chinese ontwikkel (Stefani Terblanche, Netwerk24, 18 Maart 2025). › Hoewel die idee van Kl-politici sommige mense ongemaklik kan maak, [het ...] ’n peiling wat in 2021 [...] in Spanje gedoen is, aangedui [...] die meeste Europeërs sou minstens wou hê van hul politici moet deur Kl vervang word. Chinese respondente was selfs meer geesdriftig oor Kl-agente (Netwerk24, 30 Januarie 2025).
◌ ENGELS: AI agent
KYK OOK: KI
KBD
kebab
keboedel
keboel
keffertjie
kegelklits
kegelklitser
kennisekonomie
kerkbasaarpoeding
kerkhofbaan
kerrie
kersieplukker
keto-
keto-dieet
ketoet
ketoetie
ketogeen
ketogenies
kettingkyk
khamr
Khoekhoegowab
Khoi-San
KI
KI-agent
kiembie
kiemkoeser
kierang=
kieriekorting
kimchi
KIMiDi
kindwassene
kinoa
kintsoegi
kintsugi
kiromasie
kirpatse
kitaab
kitaar
kitsboodskap
kitschenalia
kitsskare
kjeent
kjint
klanklandskap
klavier
kleinkindonderwys
kleinkindontwikkeling